Molenhof Gastehuis is geleë op die Bult in Potchefstroom, die hartklop van Aardklop,
opvoedkundige sentra en sport in Potchefstroom.

Molenhof Gastehuis is ‘n huis sonder enige fieterjasies.  Die eienaars poog om op ‘n eenvoudige en bekostigbare manier
in die basiese behoeftes van die toeris, sportentoesias, studenteouers en hulle kinders te voorsien.

Daar is slegs 7 gastekamers:

VIER GESINSKAMERS

Vier gesinskamers met hulle eie buitedeure en veilige parkering.

* Elke gesinskamer beskik oor:  ‘n Dubbelgrootte bed en ‘n enkelbed,
* En suite badkamer (stort, toilet, wasbak; drie gesinskamer het ook ‘n bad)
* TV met Kyknet (ander DSTV-kanale op aanvraag beskikbaar)
* Yskas, mikrogolfoond, ketel, Borde, kleinborde, messe, vurke, bekers, glase
   Koffie, tee, suiker en melk word voorsien,
* 2 Dubbel kamers.


EEN KAMER MET TWEE DRIEKWARTBEDDENS

Daar is een slaapkamer met 2 driekwartbeddens op die grondvloer. Die badkamer en toilet is reg oorkant die kamer word gedeel met die gesin. Alle fasiliteite word met die gesin gedeel.


LIGGING, LIGGING, LIGGING!

Die Molenhofgastehuis is geleë op die Bult te Molenstraat 123, Potchefstroom. 

Die Gastehuis is binne loopafstand vanaf die Aardklopfeesterrein, Noordwes-Universiteit, Noordwes-Krieketstadion, Multicare, Mooimed Hospitaal, Fanie du Toit Sportterrein, Spar, Bult Sakekern, Laerskool Mooirivier en Gimnasium Hoërskool.

Geen etes word voorsien nie omrede die huis stapafstand vanaf eetplekke soos The Broken Pot, Ocean Basket, Wimpy, Die Akker Koffiewinkel, Café Fiori, Neptune’s Fishmonger, Fine Things en Beef Boys is.

Die gastehuis is ook binne stapafstand vanaf uithangplekke vir die jonges van gees.

Die gastehuis is baie naby aan die Totiushuis, die Kerkmuseum van die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk,
die Presidenthuis en die Sinodesaal van die Gereformeerde Kerk.

Geen skoonmaakdiens oor naweke nie.


TARIEWE

Enkeltarief:        R350 per nag (slegs een persoon)
Dubbelkamer:     R600 per nag (slegs twee persone)
Drie persone:     R700 per nag (slegs drie persone)
Vier persone:     R900 per nag (slegs vier persone)

50% deposito by bespreking.  Balans betaalbaar in kontant by aankoms. 
Daar is geen kaartfasiliteite beskikbaar nie.