Header image

Welkom by Molenhof Gastehuis

Molenhof Gastehuis bied eenvoudige, pretensielose oornagverblyf (sonder fieterjasies,tierlantyntjies, frille en valle).
Groot, skoon slaapkamers en gemaklike beddens word aangebied teen mededingende lae pryse.
Elke slaapkamer het sy eie en suite badkamer, TV (DSTV-hotelpakket – basic stay + Kyknet),  gratis Wifi (75 mbps), yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei, koffie, tee en suiker.
Veilige onderdakparkering in die agterplaas. 
Heerlike gesinsbraaie kan onder ‘n afdak in die groot tuin gehou word.
Geen etes word voorsien nie.

Ligging

Die rustige gastehuis is geleë op die bedrywige Bult in Potchefstroom.  Die huis is 1,2 km vanaf die Noordwes-Universiteit se hoofhek en die Astro-hokkiebane.  Stapafstand vanaf Molenhof is die Mooimed Hospitaal, Bult Spar,  Laerskool Mooirivier, Senwes-krieketstadion, Fanie du Toit Sportterrein en Bult-eetplekke.

Image

Veiligheid

‘n Elektroniese hek en geëlektrifiseerde drade bo-op hoë mure sorg vir ekstra veiligheid.  Die huis word 24 uur per dag deur ‘n veiligheidsmaatskappy gemonitor.

 

Image

Aankoms/Vertrek Tye en Tariewe

TYE

Aankomstyd:  Vanaf 14:00 tot 22:00
Vertrektyd:  Voor 10:00

TARIEWE

Een persoon: R400
Twee persone wat deel:  R700
Drie persone wat deel:  R800
Vier persone wat deel: R900

LANGTERMYNVERBLYF
Slegs vir kamer 1 en 2
10 nagte R2700 per persoon
15 nagte R3450 per persoon

 

Image

Kamer Uiteensetting

Kamer 1:  Dubbelkamer op eerste vloer in huis.  Deel ingang met die huiseienaars.    
Kamer 2:  Dubbelkamer op eerste vloer in huis.  Deel ingang met die huiseienaars.
Kamer 3:  Gesinskamer (slaap 4) op grondvloer met eie ingang.
Kamer 4:   Gesinskamer (slaap 3) op grondvloer met eie ingang.
Kamer 5:   Gesinskamer (slaap 3) op grondvloer met eie ingang.

Kamer Fotos

Terrein Fotos

Kontak Ons

Gasvrou: Marina du Plessis
Kontakbesonderhede:
Selfoon: 0722195019
E-pos: molenhofgastehuis@gmail.com

Adres:
123 Molenstraat,
Potchefstroom, 2531
Noordwes